Algemeen | |
---|---|
Naam | Swaelsuur |
IUSTC-naam | Diwaterstofsulfaat |
Ander name | Vitrioel-olie |
Chemiese formule | H2SO4 |
Molêre massa | 98.0716 [g/mol] |
CAS-nommer | 7664-93-9 |
Voorkoms | olierige kleurlose vloeistof |
Reuk | reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 10.35 °C |
Kookpunt | 340 °C |
Digtheid | 1.841 (98%) |
Mengbaarheid | water |
Oplosbaarheid | |
Viskositeit | 21mPas by 25 °C |
Dampdruk | 1 torr by 145.8 °C |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 1ste:-3.0 2de: +2.0[2] |
Veiligheid | |
Flitspunt | -- |
LD50 | oraal 2140 mg/kg (rot) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Swaelsuur (Engels:Sulfuric acid[3] of sulphuric acid[4]) is 'n baie sterk minerale bytsuur met die molekulêre formule H2SO4. Dit is 'n reuklose, kleurlose tot liggeel, viskeuse vloeistof wat oplosbaar is in water teen enige konsentrasie.[1] Dit het soms 'n donkerbruin kleur as gevolg van kleursel wat tydens die bereidingsproses bygevoeg is, om gebruikers bedag te maak op die gevaar wat die suur inhou.
Die geskiedkundige naam van hierdie suur is vitrioel-olie.[5] Swaelsuur is 'n swaar, olieagtige, kleurlose suur wat 'n vretende uitwerking op die vel en kleding het. Dit word uit swaeldioksied berei en op groot skaal in die chemiese nywerheid gebruik. Swaelsuur is een van die bekendste en belangrikste chemikalieë en die wêreldproduksie daarvan beloop ongeveer 100 miljoen ton per jaar.
By gewone druk en temperatuur is swaelsuur 'n stroperige vloeistof met 'n digtheid van ongeveer 1 840 kg/ m3 en 'n kookpunt van 611 K (338 °C). Dit is goed wateroplosbaar, hoewel daar by verdunning toegesien moet word dat die suur in 'n dun straal in die water gegiet word en nie andersom nie. In water vorm die swaelsuur hidrate wat sterk higroskopies is en as droogmiddel gebruik kan word.
Dit word byvoorbeeld vir die droging van organiese stowwe soos suiker, hout en papier gebruik. Swaelsuur kom voor in alle vulkaniese bronne, asook op plekke waar steenkool of swaelhoudende olieprodukte verbrand word.